Psalm 84:3 -“Ek versmag van verlange na die tempel van die Here; met alles wat ek is, wil ek jubel oor die lewende God.”
Daar is ʼn plek waar ʼn mens tot rus kan kom. Dis ʼn plek wat God in Sy wysheid vir ons gereserveer het. Ongelukkig is dit ʼn plek wat toenemend verwaarloos word. Dis die ruimte van intimiteit met die lewende God. Dis die plek en tyd van afsondering, van eenkant kom en Sy teenwoordigheid geniet.
Dis die ruimte van persoonlike afsondering en die ruimte van die weeklikse erediens. Is daardie smagting nog by ons teenwoordig?
- Bel Drienie by 011 665 2017 of besoek ons by www.toekomsvenster.co.za asook www.toekomsvenster.bybelmedia.org.zavir inligting oor ʼn verskeidenheid stiltetydhandleidings, kleingroep-DVD asook preeksketse vir leraars en gemeentes.