ToekomsVenster: Die tong – klein maar kragtig

praat-mikrofoon

Argieffoto.

Ons struikel almal in baie opsigte. As iemand nooit struikel in wat hy sê nie, is hy volmaak, by magte om ook sy hele liggaam in toom te hou. Vir perde sit ons ‘n stang in die bek, en dan gehoorsaam hulle ons en het ons hulle hele liggaam onder beheer. Dink ook maar aan skepe: al is hulle baie groot en al is die winde wat hulle aandryf, baie sterk, word hulle tog met ‘n baie klein roertjie gestuur net waarheen die stuurman wil. So is die tong ook maar ‘n klein liggaamsdeeltjie, en tog het dit groot mag. – Jak. 3:2-5

Ek dink nie daar is ʼn enkele mens wat nog nie aanstoot gegee het deur wat hy gesê het nie. Dit mag totaal onbedoeld wees maar die ander persoon voel geaffronteer en seergemaak. Ongelukkig is dit so dat ons mekaar somtyds baie seer kan maak en dit boonop willens en wetens. Ons weet waar dit gaan kwes en gebruik juis dit om mekaar af te takel. Soveel verhoudings, vriendskappe en ooreenkomste is al gekelder vanweë die onoordeelkundige gebruik van woorde.

Die illustrasies van perde en bote is gepas en raak. ʼn Vurige perd word uiteindelik ingebreek en diensbaar gestel. Die grootste skepe wat duisende passasiers akkommodeer asook groot vragte vervoer word met ʼn roer in die regte rigting gestuur.

Die tong is klein en eintlik onaansienlik maar is enorm kragtig. Wanneer die tong op die regte wyse ingespan word kan dit genees, bemoedig, afrig en bemagtig. So baie mense wag net op ʼn positiewe woord van aanmoediging. Ongelukkig het so baie mense seergekry oor die onoordeelkundige gebruik van woorde dat hulle nooit weer die moed bymekaar geskraap kry om iets te probeer nie.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

vuur ·

kan groot vure aan die brand steek, wat mens dalk nooit weer kan blus nie!

Lindtjies ·

As mens se tong van glas gemaak was, hoe versigtiger sou jy nie jou woorde gekies het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.