ToekomsVenster: Die twee balke van die kruis

blomme-liefde-geskenk

Foto: Klimkin/Pixabay.com

Lees: Efesiërs 2:14-16:

14Christus is ons vrede, Hy wat dié twee, Jode en nie-Jode, een gemaak het. Deur sy liggaam te gee, het Hy die vyandskap afgebreek wat vroeër soos ‘n muur skeiding gemaak het. 15Die wet van Moses met al sy gebooie en bepalings het Hy opgehef, en deur vrede te maak, het Hy in Homself dié twee, Jode en nie-Jode, tot een nuwe mensheid verenig. 16Deur sy dood aan die kruis het Hy ‘n einde gemaak aan die vyandskap en dié twee met God versoen en tot een liggaam verenig.

Gebed:

O Here Jesus, dankie dat u al die mure van misverstand en vyandskap tussen mense afbreek! Vergewe my dat ek so swaar kry om U op die pad te volg. Maak my ʼn werktuig van vrede.

Leefwyse:

Maak ʼn lysie van persone van wie jy weet wat besig is om brûe tussen mense te bou. Bid vir elkeen by name. Bel hulle om te hoor hoe dit met hulle gaan en om hulle te bemoedig.

Om oor na te dink:

Wat verhinder my – en wat help my – om by Jesus se span brugbouers en muurafbrekers aan te sluit?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.