ToekomsVenster: Die tweede tiende

jb-08

Foto: Juanita Badenhorst.

Lees: Deuteronomium 14:22-23

Die eerste tiende was nie die enigste tiende wat betaal is in antieke Israel nie. Moses het ook bepaal dat daar ’n tweede jaarlikse tiende betaal moes word wat bereken is op die nege tiendes wat oorgebly het nadat die eerste tiende betaal is. Hierdie tweede tiende moes na Jerusalem geneem word en daar deur die gewer en Leviet geëet word in die teenwoordigheid van die Here. Dit sou Israel leer om die Here altyddeur te eer.

Die tweede tiende het dus die nasionale godsdienstige feeste van Israel befonds.

Raak prakties

Alhoewel die eerste en die tweede tiende nie betrekking het tot die kerk se befondsing nie, is daar wel sekere beginsels wat deurgetrek kanword. Watter drie beginsels sien jy raak en hoe pas jy dit toe in jou aanbidding en gee van offergawes?

Iets om oor na te dink

Die tiendes van die Ou Testament moenie gesien word as ’n maatstaf vir die gelowige om te gee nie, maar eerder as ’n erkenning aan die Here en dat alle goeie gawes van die Here kom. Op die beste kan die tiende vir die gelowige ’n beginpunt wees om te gee, maar nie ’n einddoel op sigself nie.

Gebed

Here, met my offer sê ek dankie vir al die goeie gawes wat ek van U ontvang. Help my asseblief om gehoorsaam te wees aan U stem wanneer U met my praat oor my offers.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Eish ·

Die doel van die tweede tiende was vir die persoon en sy gesin om die feeste by te woon en reis, verblyf en kos te betaal. Dit is NIE oorbetaal aan n instansie nie. Met die Loofhuttefees is die kos en drank gedeel met die Leviete.
Wat my verstom is dat hoofstroomkerke predik dat die Wet verval het, maar lustig uit die “vervalle gedeeltes” aanhaal vir befondsing.
Synde ons nie Leviete het nie en die hoofstroomkerke meeste van die Feesdae nie vier nie, het dit geen nut nie.
Hierdie spelery met gemeente lede se emosie om befondsing te genereer is n groot onding. Indien jul Mammon wil jaag, kyk en doen wat die megakerke doen.
” Die jakkalse het gate en die voëls van die hemel het neste, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy sy Kop kan neerlê nie.”
Dis die Een wat jul moet volg, Hy wat gesê het geen jota of titeltjie van die Wet het verval nie.

Stephan de S ·

Eish se kommentaar is 100 persent geldig en dis broodnodig dat kerke hierdie saak in die reine bring en ophou om die Vader voor te hou as n bedelaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.