ToekomsVenster: Die Vaderhart

draad-hart-strand-liggies

Foto: Steve Halama/Unsplash.com

“Hy het gesê: ‘Abba, Vader, alles is vir U moontlik. Neem hierdie lydensbeker van My af weg. Moet nogtans nie doen wat Ek wil nie, maar wat U wil.’”- Markus 14:36

Terwyl ons vaders ons kan en mag teleurstel, gewoon omdat hulle mense is, kan dit nie met God die Vader gebeur nie. Ek wil dit waag om te sê dat die Vader vir sy Seun “nee” gesê het sodat Hy vir ons “ja” kan sê.

Daarmee bedoel ek nie dat alles wat ons vra aan ons gegee word nie, maar God luister en beantwoord elke gebed ter wille van wat Jesus gedoen het. Ons het verder die versekering dat die Vader in alles ons beste in gedagte het. Hy koester goeie gedagtes aangaande ons, leer Jeremia 29 ons. Dis vir baie ’n gunsteling teks.

“Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ’n toekoms gee, ’n verwagting! Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor.” – Jeremia 29:11-12

Vanweë die sonde sou ons nie met die Vader kon praat oor ons uitdagings en probleme nie. In Jesus egter is die pad na die Vader volledig herstel en het ons ’n adres waar ons ons diepste seer kan verwoord.

Gebed

Vader, dankie dat U uitsonderlik goed is.
U is ook my Vader.
Dit stem my tot diepe dankbaarheid.
Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Von ·

Die teks kry ek die afgelope weke herhaaldelik……. dankie Abba Vader dat U met my praat …my vertroos en versterk. Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.