ToekomsVenster: Die verantwoordelikheid om ander te seën


Liggie-in-n-glas

Argieffoto.

Mag die Here jou seën uit Sion, dat jy die voorspoed van Jerusalem kan aanskou al die dae van jou lewe. – Psalm 128:5

Ag, ons moet mekaar baie meer seën. Daar gebeur iets wanneer mense in die naam van die Here geseën word. Dis ook nie net die prerogatief van gelegitimeerdes (dominees en pastore) om seën uit te spreek nie, maar elke gelowige het die geleentheid en verantwoordelikheid om ander te seën.

Vaders kan hul gesinne seën, egpare mekaar onderling. Gemeentelede kan mekaar in die Naam van die Here seën en natuurlik die leraar wat Sondae op paslike wyse die gemeente van die lieflike teenwoordigheid en omgee van God verseker.

Hier volg ʼn baie mooi seënbede. Bid dit vandag sommer hardop.

ʼn Gebed van St. Franciscus van Assisi

Here, maak my ʼn instrument van u vrede.
Waar daar haat is, laat my liefde bring.
Waar daar oortredings is, vergifnis,
waar daar twyfel is, geloof,
waar daar wanhoop is, hoop.
waar daar duisternis is, lig,
waar daar droefheid is, vreugde.
O, Heilige Meester, gee dat ek,
in plaas daarvan om vertroosting te soek, ander sal vertroos;
om begrip te soek, andere sal verstaan;
om liefde te soek, andere sal bemin.
Want dit is deur te gee, dat ek ontvang;
deur te vergewe, dat ek vergewe word.
En dit is deur te sterwe,
dat ek die ewige lewe beërwe.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

RIna ·

Baie dankie vir die boodskap, dis krag vir die dag, liefde in JESUS

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.