ToekomsVenster: Die versoeking – julle sal soos God wees


Koringare

Foto: Revivalhut.com

Lees Genesis 3:1-6

Ek glo dit is belangrik dat jy, wanneer jy hierdie gedeeltes in Genesis lees, in ag sal neem dat dit nie geskiedskrywings is nie. Hierdie is verhale wat die Bybel-skrywers vertel het om aan te dui wat fout gegaan het in die mens se verhouding met God. Daarom glo ek die verhaal wat hier vertel word, handel nie noodwending oor ‘n letterlike tuin en boom nie, maar eerder oor die versoeking wat in ‘n stadium na die mense toe gekom het. Hierdie versoeking was nie net ‘n mooi vrug nie, maar die moontlikheid om soos God te wees.

Hierdie drie begeertes is in ons almal aan die werk, of ons dit nou wil erken of nie. Dink ‘n oomblik hieroor na en kyk of jy kan raak sien hoe jy:

  • jou eie naam probeer groot maak, red, beskerm of goed voordoen sonder om te onthou dat dit eintlik oor God se Naam gaan.
  • jou eie koninkryk probeer opbou en dien, en dikwels die geleenthede om by God se koninkryk betrokke te raak as lastig en ‘terughoudend’ beskou ten opsigte van jou eie planne.
  • jou eie wil op ander probeer afdwing en daarna streef dat sake moet verloop soos dit jou pas, osnder om na God se wil vir elke situasie te vra.

Ek vra nie dié vrae om jou bloot skuldig te laat voel oor dit wat jy doen nie. Tog is dit belangrik dat jy eers moet raaksien wat die sondeval in en aan jou gedoen het, hoe ons almal daardeur geraak en skeefgetrek is. As jy dit nie raaksien en erken nie, sal jy noot verstaan waarom jy verlos moet word en wat dit beteken om ‘n dissipel van Christus te word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.