ToekomsVenster: Die vrug van die Gees


liefde hart

Argieffoto (Foto: Maroela Media)

Omdat min dinge so gevaarlik is soos die krag van die Heilige Gees sonder die karakter van God, is die vrug van die Gees vir ons baie belangrik. Ons moet gevorm word om die krag van die Heilige Gees in ons lewens te kan hanteer en God altyd in alles te eer.

Die vrug van die Gees is ’n enkelvoudige begrip, omdat ons moet begryp dat die nege kenmerke van ’n Geesvervulde karakter sáám probeer beskryf hoe God wil hê dat ons moet leef. Net soos die onderskeie segmente van ’n lemoen sáám die vrug opmaak, wil die Heilige Gees ons in alle opsigte vorm om hoe langer, hoe meer ’n Godvresende lewe te lei. Niemand kan in opregtheid na buite optree indien dit nie ook jou innerlike oortuiging is nie. Ons moet word wie die Heilige Gees se transformerende teenwoordigheid ons wil maak – Christusgesentreerd.

Maar as die Gees ons lewe beheer, is die gevolg: liefde… – Galasiërs 5:22

Toewydingsoomblik
Toets jouself aan 1 Korintiërs 13:1-3.
• Is jou kommunikasie uit liefde gebore?
• Gee jy van jouself omdat God se liefde jou dring of om ander redes?

Gebed
Here, dankie dat U my onvoorwaardelik liefhet. Ek bely dat ek dit moeilik vind om só lief te hê. Help my om oor myself te kom. Gee my U hart vir mense.

Praktyk
Wees daarop bedag dat wanneer iemand in jou gesin, vriendekring of geloofsgemeenskap ’n fout begaan, dit nie ’n teenreaksie by jou ontlok nie. Kies doelgerig om oor jou eie emosies te regeer en met liefde te reageer.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.