ToekomsVenster: Die vyf areas van geld


Argieffoto (Foto: stevepb, Pixabay)

“Die Here is my Sterkte en my Beskermer, op Hom het ek vertrou. Hy het my gehelp. Daarom is ek bly en wil ek Hom loof met my lied.” – Psalm 28:7

Daar is min dinge in ’n mens se lewe wat soveel spanning bring as geld, veral wanneer daar te min van is. Te veel geld kom ook nie altyd sonder sy uitdagings nie. Dis ook hier waar jou geloof en vertroue getoets word.

Iets om oor na te dink

Finansiële vryheid het eintlik niks te doen met “hoeveel” geld ek het nie. In die Nuwe Testament is daar twee voorbeelde van ’n ryk jongman wat baie geld en besittings gehad het, maar nie vry was nie. Dan is daar ’n weduwee wat min geld en besittings gehad het, maar tog vry was.

Gebed

Dankie dat U my Beskermer is en dat U my nog altyd gehelp het. Gee my ook die nodige wysheid om getrou met elke area van geld te werk.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eish ·

Tereg impliseer finansiële vryheid geestelike gebondenheid.
Jy kan nie twee here dien nie, want jy sal die een liefhê en die ander haat…
Die nuwe Testamentiese Christene het alles verkoop en onder mekaar verdeel.
Meeste predikers, pastore, biskoppe, apostels, dominees en pouse sukkel om die basiese waarheid oor te dra, want hul leef dit nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.