ToekomsVenster: Die weg, die waarheid en die lewe


vergewe

Argieffoto.

Lees Johannes 14:1-7

Ons het gister gesien dit is God se bedoeling om jou weer te laat deel in sy oorvloed. Die vraag is nou: Hoe kan jy deel kry daaraan? Hoe het Jesus dit vir jou bewerk? Jesus verduidelik hier dit is sy bedoeling om sy dissipels eendag weer in die volheid van die gemeenskap tussen Vader, Seun en Gees te laat deel; daar waar jy weer volledig in sy volmaakte teenwoordigheid sal wees, sonder enige hindernisse of beperkings. Dit is wat Hy vir jou voorberei.

Wanneer die dissipels dan wonder hoe hulle daar kan kom, gee Jesus die eenvoudige antwoord: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie” (v6). Hy berei nie net die pad voor nie; Hy is ook die pad terug na God toe, die enigste pad.

Deur sy offer aan die kruis is Jesus die pad terug na die volmaakte gemeenskap in God se verteenwoordigheid. Hy is die Een wat jou weer insluit in daardie volmaakte verhoudings van liefde, eenheid en harmonie wat tussen die Vader, Seun en Gees bestaan. Jy kan nou al deel word daarvan, al is dit nog net gedeeltelik en onvolmaak. Dit is die plek waar jou lewe verander word; dit is waar jy weer ervaar wat ware lewe is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.