ToekomsVenster: Die wet van die geseëndes

geluk-gelukkig-speel-met-lig-vrou

Foto: Oleg Magni/Pexels.com

“Gelukkig is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.” – Matteus 5:3

Voltooi gerus die volgende: Ek is gelukkig wanneer…

In die Matteus-evangelie beskryf Jesus ’n nuwe tipe geluk. Hulle wat werklik gelukkig is, is nie dié wat jy op die voorblaaie van die tydskrifte sou vind of met die meeste aanhangers op die sosiale mediabladsye sou raakloop nie.

In die koninkryk van God is die werklik gelukkiges:

  • Die afhanklikes – hulle is erfgename van die hemel.
  • Die wat treur – hulle sal vertroos word.
  • Die sagmoediges – hulle sal die nuwe aarde ontvang.
  • Die wat honger en wat dors na wat reg is – hulle sal versadig word.
  • Die wat barmhartig is – aan hulle sal barmhartigheid bewys word.
  • Die wat rein van hart is – hulle sal God sien.
  • Die vredemakers – hulle sal kinders van God genoem word.
  • Die wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is – aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.
  • Die wat beledig word ter wille van Koning Jesus – hulle loon is groot in die hemel.

Jesus se boodskap is duidelik: Dié wat werklik geseënd, werklik gelukkig is, is die broosste, mees afhanklike, mees blootgestelde deel van ons samelewing.

Hoe anders is die koninkryk van God nie wanneer ons dit vergelyk met die magte en kragte van die wêreld waarin ons leef nie?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Spook ·

Die realis- hy neem eie verantwoordelikheid vir sy loopbaan, gesin ,geluk , morele waardes ens. Hy steun nie op spoke nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.