ToekomsVenster: Die wet van gebed

Foto: Juanita Badenhorst.

“Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word. ‘Watter mens onder julle sal vir sy seun ’n klip gee as hy brood vra, of ’n slang as hy vis vra?’” – Matteus 7:7-10

Die burgers van die koninkryk is mense van gebed en van daad. Die wet van gebed is die oproep vir gelowiges om te bid en te doen. Ten einde die spesifieke gebed van Matteus 7 te verstaan, moet ons by die beoogde uitvloeisel daarvan begin, naamlik by vers 12 wat handel oor ons optrede teenoor ander. Tot op hede het Jesus vir ons geleer dat die burgers van die koninkryk met ’n ander ingesteldheid leef; ’n ingesteldheid van liefde, omgee en versoening; burgers wat genade pleeg omdat hulle genade ontvang het. Vers 12 is in wese die opsomming van alles wat sedert 5:17 gesê is. God se nuwe mense in God se nuwe wêreld (soos die Boodskap die koninkryk beskryf) leef met ’n fokus op die glorie van God en die fokus op ander eerder as op hulleself. Om aan ander te doen wat jy graag aan jouself gedoen sou wou hê, is om liefde te leef soos wat jy graag liefde sou wou ontvang. Hierin speel gebed ’n baie belangrike rol, want die liefde vir ander sal nie altyd maklik of natuurlik vir my kom nie en juis daarom moet ek bid.

Gebed hierin is die versoek aan die Vader wat goed is om die gawes wat goed is aan ons te gee, met dié wete dat Hy dit sal doen. As aardse vaders goeie dinge vir hul kinders kan gee, hoeveel te meer sal die Vader wat sy Goeie Seun op Goeie Vrydag gegee het nie ook die nodige goeie gawes aan sy kinders skenk nie.

Die bidders van hierdie gebed word die eerste antwoord op hul gebede. Wanneer ons bid dat die Here goed aan ander sal doen, is ons die eerste mense wat Hy sal stuur om goedheid aan hulle te gaan bewys. In Lukas 10:3-4 leer Jesus sy dissipels om te bid vir die arbeiders van die oes en direk daarna stuur Hy hulle as arbeiders uit. Bidders wat doen.

Vir wie moet jy dalk vandag bid? Is jy bereid om daarna op te staan en te gaan doen? Vir wie moet jy gaan omgee, al is dit swaar en moeilik? Bid dan dat die Here aan jou die goeie gawes, waarvan die beste natuurlik die liefde is (1 Korintiërs 13:1), sal gee, want Hy het gesê dat Hy sal.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Vic ·

Good day. 

Please see attachedments I would like if you can guide  me to with professional help/research / sponsorship /counseling / amino acid medication/  nootropic medication/       both prayers or guidance, to do a motivational letter or speech how good God is??????

I was 21 when I jump infront of a train and had major head injuries and if left me paralysed for a few months or soo. I am a 48 year woman who worked for Nebank for 27 years then this traumatic events started . We were moving office from one floor to another and I fell up the stairs with boxes in my arms and aged 22 bumped my head  that time my colleague laughed and said they never heard of a person falling up the stairs but only down the stairs 

The doctor that time said my tumours is inherit from 3 generations meningioma and malaama passed and is stress related and he suggested that we move out of the residential area. Which we did. But neverless I lost everything my husband my beautifull plot my children my friends all my personal en sentimental belongings due to my personality changes and memory loss, nobody understood me not even me do now. I had 4 brain operations due to genetic gene’s, over a period of 15 years. The first in 2001 half of my hair was shaved of to open my scalp to remove the tumour, the second 2002 the

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.