ToekomsVenster: Die wet van geheimhouding

hart-tou-boek

Foto: Congerdesign/Pixabay.com

“As jy byvoorbeeld armes help, moet dit nie uitbasuin nie. Dit doen die skynheiliges in die sinagoges en op straat, sodat mense met lof van hulle kan praat. Dit verseker Ek julle: Hulle het hulle beloning klaar weg. Nee, as jy iets vir die armes gee, moet jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie, sodat jou goeie daad verborge kan bly. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon.” – Matteus 6:2-4

In die radikale wet van die koninkryk vra die Koning dat ons sal gee sonder om boek te hou, sonder om te onthou. Ons moet gee uit gehoorsaamheid. Om werklik te gee, om werklik lief te hê, is om in wese nie eers bewus te wees van die goeie wat jy doen nie.

Delf dieper

Lees Matteus 25:37-39. Hoe versinnebeeld die reaksie van hierdie weldoeners die radikale opdrag van die koninkryk in terme van hul sorg vir die mense in nood?

Jesus beskryf aan ’n Skrifgeleerde in Lukas 10:25-37 hoe mense vir ander moet sorg. Watter nuwe ontdekkings maak jy vandag in hierdie teksgedeelte?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Spook ·

As jy byvoorbeeld nie aan spoke glo nie insluitende die slegte een wat skuld kry vir alles wat verkeerd is en die goeie een (wat eintlik 3 is maar eintlik 1) kan jy dit ook nie uitbasuin. Die spookaanbidders gaan glo jy is gek en gedoem!

SNEL ·

Nee Spook, hulle gaan net vir sê; of jy glo of nie, dit vee nie die werklikheid en realiteit uit nie, maar die dag as jy jou asem uitblaas dan sal jy weet of jy reg geraai het of gaan braai. Jammer om te sê, maar dan is die toets klaar geskryf en daai slegte “spook” gaan jou huisheer wees. Net die feit dat jy hier lees sê vir my jy twyfel in hoe jy glo en soek die waarheid. Here, werk in Spook se hart en laat die persoon U ontmoet en die skille van daai oë afval en maak daai harde hart n hart van vlees. Want U O God is n werklikheid en laat enige boodskap van U in goeie grond val in daai hart en net groei en groei. In Jesus Naam vra ek dit Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.