ToekomsVenster: Die wet van kuisheid

lotus-blom

Foto: Pixabay.com

“Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jy mag nie egbreuk pleeg nie.’ Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat na ’n vrou kyk en haar begeer, het reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg.” – Matteus 5:27

Egbreuk is een van die seerste realiteite in huwelike vandag. Die afgelope aantal jare het dit met rasse skrede toegeneem, soveel so dat daar terapeute is wat in berading aan paartjies wat deur egbreuk geraak is, spesialiseer. Sosiale media, druk by die werk en ander versoekings wat daagliks die paaie van getroudes in ons gemeenskap kruis, het meegebring dat dit nie meer ’n vreemde verskynsel is nie. Die radikale grondwet van die koninkryk spreek nie net egbreuk aan nie, maar intensiveer die opdrag selfs verder, soveel so dat dit ook die enkellopendes aanspreek.

Die radikale grondwet van die koninkryk spreek nie net die daad van egbreuk aan nie, maar ook die daad van die hart. Die radikale grondwet van die koninkryk is net soveel ’n saak van daad as wat dit ’n saak van hart is. Vir dié wat vandag sou vra hoe dit ooit moontlik sal wees om hieraan te kan voldoen, is daar goeie nuus. Paulus beskryf die onvermoë van ’n mens om vry te kom van die sonde en die oplossing daarvoor in Romeine 7:21-25. Christus verlos ons van die mag van die sonde! Hy alleen.

Moenie dat jou oog jou laat struikel en jou uiteindelik verlore die ewigheid instuur nie. Jesus se radikale opdrag sê: Pasop waarna jy kyk!

Delf dieper

Lees meer oor die eksklusiwiteit van die huwelik in Hooglied 2:16a, 1 Korintiërs 7:1-6 en Hebreërs 13:4. Wat druk die Here vandag op jou hart?

Lees 1 Johannes 1:8-9. Wat wys die Koning van die Woord vandag vir jou?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

I am Sam ·

Die hartseer is dat álles wat volgens God se wet ‘n gruwel is, vandag aan die orde van die dag is, waarvan egbreuk maar net een is. God sê Hy haat dit!

Die samelewing sal tuimel (het reeds) as die huisgesin tuimel. Ons jeug is in ‘n spiralende val weens die ontrou, heb- en selfsug van hul ouers.

Waarom haat God egskeiding? Omdat Hy weet dat dit huisgesinne en kinders vernietig. Self het ek al getob om my man te los, want dis mós al so maklik om halfpad tou op te gooi, maar ek kies om my Vader se wet te onderhou in tye wat dit swaar gaan. Dis dán, wanneer jy dit ter wille van Hom doen, dat Hy jou weer optel en jou voete op ‘n vaste rots plaas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.