ToekomsVenster: Die wet van (nie)-bekommernis

bekommernis

Argieffoto.

“Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet of drink nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie. Is die lewe nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie?” – Matteus 6:25

In die radikale wet van die koninkryk beskryf Jesus bekommernis as iets wat Hy verbied. Die Hebreeuse uitdrukking, “Co’amar Jahwe”, of te wel, “Dit sê Ek vir julle”, benadruk die woorde wat volg. Hierdie uitdrukking is ’n duidelike merker wat aandui dat die Koning aan die woord is. Wat Jesus dus sê, is ’n opdrag, dit is nie ’n versoek nie. Julle moet julle nie bekommer nie.

Jesus gee dan aan hulle die redes waarom hulle hulle nie moet bekommer nie en dit is omdat hulle ’n Vader het wat vir hulle sal sorg, net soos Hy vir die natuur sorg.

Paulus gee wyse raad in Filippense 4:6-8 oor die hantering van bekommernisse. Eerstens sê hy dat ons oor niks besorgd moet wees nie. Daarna gee hy die dade wat wel nodig is in reaksie op bekommernis, naamlik om ons begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend te maak, sodat die vrede van God oor ons harte en gedagtes kan wagstaan. Laastens gee hy ook die raad om met ons gedagtes te fokus op alles wat waar, mooi, edel, rein, reg, deugsaam en lofwaardig is.

Geliefde in die Here – sukkel jy dalk vandag met bekommernis in jou hart? Bekommernis oor die toekoms, oor die besluite wat geneem moet word, oor ’n toetsuitslag wat wag, oor jou kinders of jou ouers? Hoor dan vandag die Woord van die Here: Moenie jou bekommer nie.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Liezl ·

Ja beslis AMEN AMEN. Ek moet dit oor en oor vir myself sê. Dankie Vader vir U genade, maak nie saak wat gebeur nie, U is altyd daar en sal altyd daar wees. Ons kan met ons dade en gedagtes probeer om dinge te verander, maar U het altyd die laaste sê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.