ToekomsVenster: Die wet van (nie)-oordeel

hof-hamer-skaal-geregtigheid

Foto: Succo/Pixabay.com

“Moenie oordeel nie, sodat oor julle nie geoordeel word nie; met dieselfde oordeel waarmee julle oor ander oordeel, sal oor julle geoordeel word, en met dieselfde maat waarmee julle vir ander meet, sal vir julle gemeet word.” – Matteus 7:1-2

Om nie te oordeel nie, beteken natuurlik nie dat gelowiges nie die dade van mekaar en van ander moet beoordeel nie, maar juis dat hulle nie ’n oordeel daaroor sal vel nie. Daar is ’n klassieke voorbeeld hiervan in Romeine 1:18-32 waar die teen-natuur van die sonde baie grafies en eksplisiet beskryf word. Hoewel die Woord baie duidelik is oor wat sonde is, is die tragedie dat die meeste gelowiges by vers 32 ophou lees. Romeine 2:1 sê egter dat iemand wat ander veroordeel net so skuldig is, dat so ’n iemand hom-/haarself dus self veroordeel. Hierin lê daar ’n baie groot waarskuwing vir die burgers van die koninkryk. Ons moenie geken word as mense met knipborde wat deur die wêreld stap en punte toeken vir ander se optredes, woorde en dade nie. Scott Sauls het die volgende op Twitter getwiet:

Moralistic Pharisee: ‘I disregard you because you aren’t as virtuous,
well-behaved and doctrinaire as I am.’ Grace Pharisee: ‘I disregard you because you aren’t as kind, accepting and inclusive as I am.’ God help us all.”

Trots en selfverheffing is so gevaarlik en oordeel is die daad wat daaruit vloei. Dit maak van ons elkeen ’n Fariseër wat op ander neerkyk.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.