ToekomsVenster: Die wet van vermorsing

juwele-oorbelle-kosbaar-pêrels

Foto: Scott Webb/Pexels.com

“Moenie wat heilig is, vir die honde gooi nie: hulle sal omspring en julle verskeur; en moenie julle pêrels voor die varke gooi nie: hulle sal dit met hulle pote vertrap.” – Matteus 7:6

Indien ons verder hierop sou ingaan, sou ons dalk kon oorweeg om hierdie wet ook te sien as ’n waarskuwing om ander te dwing om aan jou standaarde en vereistes te voldoen. Moet dus nie dit wat waardevol vir jou is, weggee aan ander wat dit nie kan waardeer nie.

Mense wat deur sekere pynlike ervarings geworstel en die harde werk ingesit het om gesond te word, ontdek besonderse pêrels van ’n dieper verstaan van God en ander in hul menswees. Hierdie pêrels is kosbaar en moet daarom nie net weggegooi word waar dit nie waardeer sal word nie; waar ander die waarde daarvan nie besef nie. Dit beteken nie dat jy oor hulle oordeel nie, maar eerder om die skatte te hou vir hulle wat dit die nodigste het.

Delf dieper

Lees Psalm 51 en ontdek die pêrels wat Dawid daarin beskryf. Wie in jou sirkel van mense sal die skatte daarvan vandag waardeer?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ds (=Domeritus) Danie Malan ·

Hoeveel waarheid steek in die watsop boodskap wat nou vrylik die rondte doen dat die min. van Landbou, Bosbou en Visserye onlangs sou beweer het die dat kos in SA nie verskaf word deur wit plaaseienaars nie, maar deur Pick n Pay, Shoprite en Spar?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.