“Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat vir sy broer kwaad is, is al strafbaar voor die regbank. Verder, elkeen wat sy broer uitskel vir ’n gek, is al strafbaar voor die Joodse Raad; en wie hom uitskel vir ’n idioot, is al strafbaar met die helse vuur.” – Matteus 5:22
In die radikale grondwet van die koninkryk maak Jesus dit duidelik dat verhoudings in die koninkryk van die hemel van kardinale belang is. Hier kan jy nie net sê wat jy dink of voel nie. Hier word woorde geweeg en getel. Woorde tel, daarom moet ons ons woorde tel!
Jesus het gesê dat, voordat ’n gawe na die altaar gebring kon word, dit belangrik was om eers die verhoudings van die persoon wat die offer gebring het, te ondersoek. Die “godsdienstige daad” het dus nie die “gebroke verhouding” oorheers nie. Jesus maak dit duidelik: Jy kan nie godsdiens pleeg as jy nie in gesonde verhoudings leef nie.
Jesus se opdrag is duidelik: Gaan maak eers vrede met jou broer en kom en bring dan jou gawe.
Delf dieper
Ons elkeen het al per geleentheid verkeerd opgetree en met ’n uitbarsting of twee skande gebring aan die geloof wat ons so dikwels bely. Wat leer die Here se Woord vir ons vandag daaroor?
Lees 1 Korintiërs 13:1-13 twee keer deur. Wat druk die Heilige Gees vandag op jou hart?
- ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.
Die gesproke deel is ‘n herhaling van dié van 14/05/18