ToekomsVenster: Die woestyn


Foto: pixabay.com

Foto: pixabay.com

Psalm 98:17

Maar hulle het aangehou om teen Hom te sondig; in die woestyn het hulle teen die Allerhoogste in opstand gekom.

Hulle het God getart toe hulle kos gevra het na eie smaak en God uitgedaag het: “Kan God hier in die woestyn kos gee?

Woestyne is aangrypende plekke . Die uitgestrektheid daarvan, die doodsheid van alles. Die versengende hitte bedags en die buitegewone koue snags.

Die onherbergsaamheid.

Dis ʼn luuksheid om met jou goedtoegeruste 4×4 die sandduine van die woestyn aan te durf, jou drinkgoed uit te haal, met jou satelietfoon naby, sou enigiets gebeur en jy gestrand is.

Dis natuurlik dom om die woestyn aan te durf sonder die nodige sekuriteit.

Israel moes die woestyn binne trek met niks minder en meer as God se belofte nie. Toe daar nie water was nie, het Hy dit uit ʼn rots gegee, meer as een keer. Toe die kos opraak, het hy manna en kwartels laat reën, meer as wat hulle kon opeet. Toe die struktuur uit mekaar val, het hy die tien gebooie gegee as riglyn vir die lewe. Hul skoene het nie verslyt nie, hul vyande is onderwerp, Hy was goed vir hulle.

Weliswaar moes die reis enkele dae geneem het, maar dit het ʼn oneindige veertig jaar geword. Een geslag moes uitsterf en ʼn volgende gereed gemaak word om die beloofde land in te neem.

Gedurende al daardie jare het die Here die volk getrou versorg.

Ons lewens vertoon somtyds ook ʼn woestyn-kwaliteit.

Dis droog en onherbergsaam.

Ons dink ons is alleen, maar leef steeds elke dag uit God se voorsienigheid.

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Cara ·

Ai dit voel asof in n woestyn is. Daar is eenvoudig net nie n einde aan die droogheid nie. Ek hoop en bid ek kom ook uit hierdie woestyn.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.