ToekomsVenster: Die woord het vlees geword en onder ons kom woon


wysheid-met-Bybel

Argieffoto.

Johannes 1: 14 Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.

Inkarnasie gaan oor die vleeswording van Christus deur Sy ewige woord.

Johannes 1 beskryf dit as “die woord het Vlees geword en onder ons kom woon.” Christus het homself verneder (afstand van Sy Koningskap gedoen) en mens geword (tussen mense kom woon). Hierdie proses noem ons inkarnasie. Filippense (2:7) praat van: “maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van ’n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word.”

Deur hierdie daad van Hom het Hy soveel grense gebreek. Grense wat daar vir Sy Godheid en mensheid gestel is, maar terselfdertyd het Hy dit vir ons moontlik gemaak om ons grense te breek. Daar is verhale soos die vrou by die put in Johannes 4 waar Christus in Sy menswording by gewone mense, in hierdie geval by ’n vrou (’n Samaritaanse vrou) kom water vra. Dit was ’n absolute taboe handeling. Hierdie handeling, hierdie grens wat Hy skuif, help ons ook om die “ongehoorde” die “taboe” te breek deur by mense wat weggegooi of nie in dieselfde klas as ons is nie, met hulle te kan praat.

Daarom is die inkarnasie van God in Christus belangrik. Sy menswording bring hoop, verandering, heling en gee nuwe krag om aan te gaan.

Gebed:

Bid vandag die Onse Vader.

Leefwyse:

Wil jy nie tyd maak om neer te skryf waar jy dink of sien hoe God in en deur mense werk nie?

Iets om vandag oor na te dink:

Skryf in jou eie woorde wat gestuur wees (mission dei), verhoudings in die Drie-eenheid (perichoresis) en vleeswording van Christus (inkarnasie) vir jou beteken.

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

fred ·

JESUS, vandag bid ek vir ons almal.. Vir die wat ek ken, en die wat ek nie eers ken nie. Laat alle hoogmoed verdwyn, en dat daar net liefde, vrede en vreugde onder ons almal sal wees. Jesus, ek is lief vir U. Dankie vir ons seeninge en wees met ons almal vandag dat ons net die goedheid in mekaar sal raaksien. Ek loof U naam my Here.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.