ToekomsVenster: Die woord van God is lewend en kragtig


bybel.jpg

Argieffoto

Hebreërs 4:12

Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart.

Ons sien en hoor dikwels dat mense hulle op die grondwetlike hof beroep as hulle voel dat hulle regte aangetas is. Dié hof moet dan beslis of die klag meriete het en probeer om daardie persoon se waardigheid soos in die Grondwet beskryf te herstel. Deesdae land baie sake in die grondwetlike hof. Die Grondwet vorm die basisdokument of vertrekpunt vir ʼn ordelike en opbouende verkeer in hierdie land. Ons is dankbaar dat Suid Afrika se Grondwet darem erkenning gee aan God hoewel dit nie altyd in die praktyk uitgeleef word nie.

Die Woord van die Here (Bybel) is die grondwet van gelowiges. Dit bepaal die regte en verantwoordelikhede van God se kinders binne die konteks van die verbond. Die verbond is die ooreenkoms wat God met mense het in terme waarvan Hy onderneem om vir mense te sorg en hulle te beskerm. Op hulle beurt is hulle Hom lojaliteit, liefde en gehoorsaamheid verskuldig.

Ons moet die Woord (dink aan Psalm 119 se verordeninge, voorskrifte, onderwysing ensovoorts) van God respekteer en gehoorsaam. Dan kan ons op die beloftes in God se Woord reken en ons daarop verlaat.

Psalm 119:1

Dit gaan goed met dié wat onberispelik lewe, dié wat wandel volgens die woord van die Here.

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Adolf ·

Dankie liewe Jesus vir die Heilige Gees wat vir ons krag gee in alle moielike omstandighede.

Amen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.