ToekomsVenster: Die Woord woon onder ons


beleef-jou-wereld

Argieffoto.

Lees Johannes 1:1-18

Dit was nog altyd op God se hart om naby sy kinders te wees, tussen hulle. Hy het die mens geskep om in voortdurende gemeenskap met Hom te leef. Een van die eerste opdragte wat Moses gekry het was om ‘n tabernakel, ‘n tent van ontmoeting, te bou. Dit sou God se woonplek “onder ons” wees, tussen sy kinders, naby aan hulle. Vandaar kon Hy praat, rigting gee, leiding gee, wysheid gee, die pad aanwys. Vandaar kon Hy vir hulle ‘n God wees.

Dit is ook belangrik dat jy die begrip “hemel” reg verstaan. Dit sal jou dalk help om jou doel op aarde te verstaan. “Hemel” is nie ‘n sekere plek iewers in die heelal waar God woon nie. Die Bybel praat oor hemel as daar waar God teenwoordig is. Nou sien ons dat dit God se bedoeling is om ook hier op aarde “onder ons te woon”, met ander woorde teenwoordig te wees. God wil nou al vir jou ‘n God wees en vir jou leer om sy kind te wees. God wil dus hê dat jy nou al iets van die hemel sal leer ken en ervaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.