ToekomsVenster: Dis belangrik dat die heel belangrikste dinge die heel belangrikste is

orgidee-blomme-lente

Foto: Robsonmelo/Pixabay.com

“Gaan leer wat dit beteken: ‘Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie.’” – Matteus 9:13 & 12:7

Op ’n ander plek sê Paulus dis die liefde van Christus wat hom dryf. Die krag wat hom beweeg, is nie skuldgevoelens en vrees nie, maar liefde.

Johannes gaan so ver om te sê “God is liefde!”

Nou die dag vra ’n ou my of dit dan nou beteken dat Christene net moet terugsit en alles aanvaar wat ongelowiges en mense van ander godsdienste doen? Nee, het ek gesê, ek dink nie dis wat Jesus sou doen nie. Hy het nie net teruggesit en aanvaar wat die Jode, Samaritane en Romeinse soldate doen nie; Hy het sy lewe vir hulle gegee. Nee, ons moenie net terugsit en aanvaar nie; ons moet nader gaan, betrokke raak, omgee en dien. Dalk sal die wêreld glo dat God naby is, dat Hy barmhartig en genadig is, as hulle dit by Sy liggaam ervaar?

Gedagte

Hoe sou dit jou lewe beïnvloed as jy werklike vrede kon hê – nie lewe sodat ’n gat diep binne jou gevul sal word nie, maar omdat dit gevul is?

Gebed

Here, verander asseblief my diepste motivering; van vrees, skuldgevoelens en hoop op een of ander beloning, na liefde, empatie en U passie vir die wêreld. Amen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.