ToekomsVenster: Dis beter om te gee as om te ontvang

hand-gee-uitreik-hulp

Foto: Milivanily/Pixabay.com

“Onthou die woorde van die Here Jesus. Hy het self gesê: Om te gee, maak ’n mens gelukkiger as om te ontvang.” – Handelinge 20:35

Ons almal hou daarvan om geskenke te ontvang. Geskenke maak die ontvanger gewoonlik gelukkig. Christus, inteendeel, sê dat die gewer eintlik die een is wat gelukkiger is. Hierdie siening druis in teen die normale verstaan van sake rondom die gee en ontvang van geskenke. So hoe is dit moontlik dat die gewer eintlik die gelukkiger een is?

Wanneer iemand gee, is dit eintlik ’n vertoning van die hart van God.

Iets om oor na te dink

Dink vir ’n oomblik daaraan dat die gewer eintlik gelukkiger as die ontvanger moet wees, omdat hy in staat is om te gee. Dit is altyd lekker om ’n geskenk te ontvang, maar dis die gewer wat die gelukkige een is. Wanneer iemand kan gee, is hy ’n geseënde.

Gebed

Here, baie dankie dat ek nie net ’n ontvanger is in U koninkryk nie, maar dat ek ook ’n gewer kan wees.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Spook ·

Nou toe Dr Danie begin gee eerder as te ontvang(van sit en bedel en niksdoen)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.