ToekomsVenster: Dis doodeenvoudig

voëltjie-sonsondergang

Foto: @rayhennessy/Unsplash.com

“Julle kry nie, omdat julle nie bid nie.” – Jakobus 4:2

Dié Woord sit nie gemaklik nie, maar is baie duidelik. Daar is ’n duidelike korrelasie tussen die gebedsverhoring en die toewyding aan gebed. Dis ’n eenvoudige vraag… Het jy al daaroor gebid? Die antwoord sal in baie gevalle ’n dawerende “nee” wees.

“Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink,” – Efesiërs 3:20

Die vraag is doodgewoon… Het jy indringend met God gepraat oor
jou nood en behoefte? Is die saak “deurgebid” en in geloof, of het jy volstaan met ’n toevallige noem van die aangeleentheid? Nee wat, jy weet God verwag meer van jou.

Gebed

Here Jesus, dis baie duidelik waarom ek somtyds so sukkel.
Ek bid nie.
Dis eenvoudig en reguit.
Dis waarom ek nie het nie.
Ek bekeer my.
Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.