ToekomsVenster: Dis hulle!

gebed-hand-arm-vingers

Foto: Dev/Unsplash.com

“Moenie julle vinger na iemand anders toe wys nie. Moenie die skuld op iemand anders pak nie! − Hosea 4:4 (NLV)

Wanneer iets sleg gebeur verwens ons onsself, of ons verwens ander. ʼn Oordrewe skuldgevoel sonder substansie help nie, en vingers wys ook nie. Daar is altyd vier vingers wat terugwys. Daardie vier vingers is beskuldigend en verkleinerend.

Kan jy niks reg doen nie? Moet jy van alles ʼn mislukking maak? Jy is ʼn nul op ʼn kontrak?

So word die beskuldigings na jouself, of dikwels ʼn ander geslinger wanneer dinge skeefloop.

Skuld en beskuldigings wanneer dinge verkeerd loop bring ʼn mens nêrens nie. Dit is moeilik en uitdagend om beredeneerd, nugter en verantwoord na te dink oor wat op die tafel is.

  • Neem tyd en ontrafel die situasie:
  • Wat kon beter gedoen gewees het?
  • Waar val die pap spreekwoordelik op die grond?
  • Hoe kan ons mekaar help om in die toekoms dinge beter te doen?

Ek wonder waar jy jouself bevind. Ek haak vas by die vingers wat na myself wys. Baie ander sukkel met die vinger wat na ander wys.

Draai jou hand so dat jou handpalm na bo wys, ontspan die vingers en maak oop die hand om vir hulp van Bo te vra.

Wat het jy om te gee dat dinge beter sal verloop in die toekoms?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Here ek koester dit wat U in my oop hand plaas…tot U eer..Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.