ToekomsVenster: Dis nie hoe kinders van die Here praat nie


skinder

Foto: Danielboutiqueblog.com

Hulle tonge is so giftig soos slange, hulle woorde so venynig soos adders. – Psalm 140:4

Ai, die goed wat mense oor en vir mekaar sê.

Die Amerikaanse presidentsverkiesing is nou geskiedenis, maar daar word daarna verwys as die aakligste en venynigste in die Amerikaanse geskiedenis. Dit lyk asof mense die skouspel geniet. Hoe slegter hoe meer skouspelagtig.

Ook in Suid-Afrika word ons van tyd tot tyd gekonfronteer met venyn en vooroordeel. Dis onverkwiklik en oneerbiedig teenoor mense. Slange en adders is seker die beste vergelyking wat getref kan word. Die gif van slange is meestal dodelik en skrikwekkend. Giftig, venynig. Tonge en woorde. Slange en adders. Interessante wyse waarop die woorde ingeryg word.

Het jy al onder iemand se venynige tong deurgeloop. Dan sal jy weet waarvan die digter praat. Nog belangriker, het mense al onder jou venynige tong deurgeloop? Dit is nie hoe kinders van die Here praat nie.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.