ToekomsVenster: Dissipels is toeskouers van dit wat Jesus doen


voetspore

Argieffoto.

Lees Matteus 15:21-31

Terwyl Jesus op aarde was, het baie mense Hom gevolg, Hom dopgehou en na Hom geluister – dié wat Hom as dissipels gevolg het nog meer as die skares. Hulle het dinge gesien en gehoor wat hulle nooit kon droom moontlik sou wees nie; dinge wat hulle dikwels verbaas laat staan het oor God se mag en goedheid. Die dissipels se “skoling” was basies om vir Jesus dop te hou, te kyk wat Hy doen, te luisterna sy lering en om net by Hom te wees en sy teenwoordigheid te ervaar. In die proses glo ek het baie in hulle hart gebeur, baie van hulle sienings en insigte het verander en het hulle ook “gesonder” mense geword – ek bedoel gesond in hulle mens-wees, nie noodwendig fisiek nie.

Ek glo ons navolging van Jesus hou vandag nog grootliks dieselfde in. Alhoewel Hy nie meer fisies by ons teenwoordig is nie word ons ook genooi om Hom te volg, Hom dop te hou, na Hom te luister en om toeskouers te word van dit wat God doen. Dié wat dit leer doen, sal ook dikwels in verwondering staan oor dit wat Hy doen en oor hoe Hy met mense werk. Hulle sal toenemend bewus raak van sy goedheid en sorg, sy wysheid en leiding, sy aanraking en genesing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.