ToekomsVenster: Dit is eintlik heel eenvoudig

(Foto: Michel Paz/Unsplash.)

“Ek het vandag die lewe en die voorspoed, die dood en die teenspoed aan jou voorgehou. As jy die Here jou God liefhet en sy wil doen deur sy gebooie, sy voorskrifte en sy bepalings wat ek jou vandag gegee het, te gehoorsaam, sal jy lewe en baie word en sal die Here jou God jou voorspoedig maak in die land wat jy in besit gaan neem.” – Deut.30:15vv

Ons word in ons persoonlike lewe, sowel as binne Suid-Afrikaanse konteks met soveel uitdagings gekonfronteer. Ek het met die lees en oordenking van bostaande gedeelte net weer onder die indruk gekom van hoe eenvoudig dit eintlik veronderstel is om te wees.

Toegegee, die konkretisering en toepassing van God se Woord en voorskrifte in elke dag se lewe is somtyds uitdagend. Tye het dramaties verander en ons wêreld sien radikaal anders daaruit as in Jesus se tyd. Tog gee hierdie gedeelte ʼn beproefde riglyn wat, as dit gevolg word, nie anders kan as om die vrug van die Gees en die seën van die Here te dra nie.

Immers, die Woord is tog waar en betroubaar. Vrede, vreugde, vergenoegdheid, liefde, oorvloed, is wat die teks belowe. Die teendeel word in die volgende verse deurgepraat, kyk gerus na vers 15-20.

Kan jy jouself ʼn Suid-Afrika voorstel, gegewe al die interessante samelewingsverbande daarbinne waaronder die gesin, waar Deut.30:15 tot 16 waar geword het? Dit is om van te droom!

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.