ToekomsVenster: Dit is mos nie regverdig nie


Vrou_sit_hek_sonsondergang_stiltetyd.jpg

Foto: invertedculture.net

Psalm 73:21,22 – “Toe ek verbitter was en veronreg gevoel het, was ek dom en sonder insig; soos ‘n redelose dier het ek my teenoor U gedra.”

Die digter worstel om te verstaan waarom dit met goddelose mense klaarblyklik goed gaan terwyl hy wat die Here dien, swaar kry. Die uitdagings van die lewe dreig om hom onder te kry. Dis ʼn stryd om siel, gees en liggaam bymekaar te hou. Gekonkretiseer beleef hy ʼn begroting wat nie klop nie, verhoudings wat gekompliseerd geraak het, bevordering wat uitbly al is hy opsigtelike kandidaat, ensovoorts. Ons kan almal daarmee identifiseer.

ʼn Mens word siek op die onmoontlikste tyd, kry slegte nuus waarop jy nie voorbereid is nie, beleef toe deure ten spyte van jou gebede. Hoe werk dit Here, vra jy. Jou ongelowige buurman leef soos ʼn mossie in daggasaad. Hy bekommer hom nie oor môre nie en is aanstellerig as gevolg van sy sosiale en ekonomiese voorspoed. Sy nuwe motor is ʼn steen des aanstoots terwyl joune vir die soveelste keer in is vir herstelwerk. So kan die lysie uitgebrei word. Dit is mos nie regverdig nie. Die digter se stryd het hom byna ondergekry totdat hy besef het wat die uiteinde van onverskillige mense is. Indien hy in sy rebellie en sonde voortleef, gaan hy verlore. Van intimiteit en omgang met die lewende God van hemel en aarde verstaan hy net mooi niks. Die heerlikheid, almag en goedheid van die hemelse Vader gaan by hom verby. Tog is dit die dinge wat regtig waarde het. Die ander verteenwoordig skatte waar mot en roes verniel.

Voel jy ook soos die digter? Lees die Psalm in sy geheel. Laat die Gees jou in waarheid lei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.