ToekomsVenster: Dit is nooit te laat nie

horlosies

Foto: Jon Tyson/Unsplash.com

“As ek my lewe oor het gaan ek …”

Jy het seker al gehoor dat mense so praat. Dalk het jy dit selfs al gesê. Dit wat jy gaan doen sou jy nog ʼn kans kry verteenwoordig gewoonlik die ongerealiseerde drome van jou lewe. Die goeie nuus is dat dit nooit te laat is nie. Jy mag die volle realisering van jou droom nie beleef nie maar jy kan ʼn begin maak waarmee iemand anders kan aangaan. Ons land is steeds ryk aan moontlikhede vir mense wat inisiatief en waagmoed aan die dag le.

Iemand het gesê die begraafplaas is die rykste deel van Suid-Afrika. Daar lê soveel gedigte wat nooit gedig is nie, boeke wat nooit publiseer is nie, besighede wat nooit begin is nie. Liedere wat nooit getoonset is nie, geleenthede wat nie benut is nie.

Hoeveel drome, potensiaal en moontlikhede vat jy saam met jou graf toe?

Toegegee, realisme is nodig. Ons moet ons gawes, kontekste, selfs beperkings verdiskonteer. Dit beteken steeds nie dat ek jy nie iewers verbeeldingryk kan inhoud gee aan die drome wat jy gekoester het nie.

Hoeveel bejaardes het nie al matriek geskryf, aan die Comrades deelgeneem, uit vliegtuie gespring of iets dergeliks nie. Soveel te meer as jou ideaal iemand anders se lewe kan verryk.

Ons land gaan gebuk onder skreiende armoede en werkloosheid. Is daar iets wat jy daaraan kan doen?

Vaardighede wat jou ʼn leeftyd geneem het om te verwerf kan nou met iemand anders gedeel word: leer iemand lees, skryf of selfs ’n rekenaar gebruik. Wat daarvan om iemand te leer om resepte te lees en lekkernye voor te berei of ’n lewensvaardighede oordra. Jy mag dalk selfs ʼn betekenisvolle verhouding met iemand aanknoop!

Dis nie te laat nie. Vandag kan betekenisvol wees.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sannie ·

Ek moes my kinders MEER van Jesus vertel het!! ek moes my hart vroeer in my lewe vir Jesus gegee het en hom gedien het! DIT is wat EK droom, nou effe te laat ….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.