ToekomsVenster: “Dit is volbring”


veld_see_heuwel_skape_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Eksodus 26:33

… en jy moet die voorhangsel, met hakies aan die binnekant, ophang. Sit dan die ark met die getuienis daarin, agter die voorhangsel. Die voorhangsel moet vir julle die Heilige van die Allerheiligste skei.

Ons verstaan nou dat die tempel uit drie kompartemente bestaan het: die voorhof, die heilige en die allerheiligste. Waar die kinders van die Here (die volk) sover as die voorhof gevorder het, kon die priesters die heiligdom betree om hulle dienswerk te verrig en kon die Hoëpriester slegs een keer per jaar die Allerheiligste gedeelte betree. Hy moes intree vir sy eie asook die volk se sondes. Dié eenmalige gebeurtenis is die groot versoendag genoem en het een keer per jaar plaasgevind.

Levitikus 23:28

Niemand mag op dié dag werk nie, want dit is die versoendag waarop daar vir julle versoening gedoen word by die Here julle God.

Hebreërs 9:25

Hy het nie ingegaan om Homself herhaaldelik te offer nie, soos die hoëpriester elke jaar die Allerheiligste binnegaan met bloed wat nie sy eie is nie.

Vir die res was die allerheiligste teenwoordigheid van God ontoeganklik vir alle mense. Toe Jesus egter aan die kruis sterwe en die woorde “dit is volbring” uiter, het die behangsels wat die verskillende kompartemente van mekaar skei van bo na onder geskeur asof God ʼn pad na sy mense toe oopgeskeur het. Die skeiding is weggeneem en gewone gelowiges kon sonder vrees toegang kry tot die allerheiligste teenwoordigheid van God. Ons moet dus nie in die voorhof ronddrentel nie, maar reg in die teenwoordigheid van ons hemelse Vader instap en daar met Hom praat. Hy verwelkom ons in die Naam van sy Seun en luister intens na elke gedagte wat ons met Hom wil deel.

Hebreërs 4:14

Terwyl ons dan ’n groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons die belydenis vashou.

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Koos1 ·

Baie mooi artikel. Ons moet egter in gedagte hou dat die voorhangsel sowat 5 meter hoog was en van bo na onder geskeur het toe Jesus aan die kruis gesterf het. Dit beteken 2 dinge, eerstens kon geen mens dit geskeur het nie, aangesien van die hoogte en tweedens van bo na onder, wys dit vir ons dat God van Bo na die mens (onder) die weg gebaan het, vir ‘n reguit pad na Hom. Geen offer of wet was meer nodig dat ons ‘n verhouding met Hom kan he nie. Dit is net wonderlike Genade!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.