ToekomsVenster: Dit kan nie waar wees nie!

lig-sonskyn-herfs-blare

Foto: Kaique Rocha/Pexels.com

Lees: Psalms 43:3:

“Stuur u lig en u waarheid dat dié my lei en my bring na u heilige berg, na u woning!”

Gebed:

O Here, stuur U lig en U waarheid, dat dit my lei en bring na U heilige berg en na U woning. Help my om die waarheid van my lewe – en die waarheid van die mense wat naby aan my is – te ontdek en om daarmee te handel. Help my om my skuld voor U en my medemense raak te sien en te bly.

Leefwyse:

As die Here my gebed hierbo verhoor, as ek in Sy lig en waarheid mag wandel, sal dit ʼn nuwe fase in my lewe inlei.

Om oor na te dink:

Die Bybel leer ons dat die waarheid ons vrymaak. Het jy dit al ervaar? Leef jy soos iemand wat van die pyn en die skuld van die verlede bevry is? Of is jy nog steeds in die fase van ontkenning?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.