ToekomsVenster: Dodelik verbaas?

gebed-seun-skemer-sonsondergang-deur-juanita-badenhorst-2018-06

Foto: Juanita Badenhorst.

“Met dié gedagte is hy na die huis van Maria, die moeder van Johannes wat ook Markus genoem is, waar baie gelowiges saam was om te bid.” –Handelinge 12:12

Dit sê iets van die verdeelde hart waarmee ons ook somtyds bid. Ons is dodelik verbaas as God ons gebede beantwoord, want ons bid eintlik in ongeloof, ter wille van beter voel en omdat dit die regte ding is om te doen.

Die Bybel leer dat wie tot God nader moet glo dat Hy is en dat Hy ’n verhoorder is van die gebed (Hebreers 11:6).

Gebed

Nou kry ek skaam Here. Ek is somtyds ook dodelik verbaas dat U my gebede beantwoord. Vergewe my my ongeloof. Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.