ToekomsVenster: Drink saam ’n koppie koffie

koffie

Foto: Pixabay.com

Spreuke 18:24 Maats kan jou breek, maar daar kan ook ’n vriend wees wat nader is as ’n broer.

Omskrywing: Om by mekaar teenwoordig te wees. Om bewustelik die ander een te bou, ruimte te gee en nie te “shame” nie. Om op mekaar te fokus en bewus te wees van die wyse waarop God ons aan mekaar bind en vir ons sorg. Wie is die spesiale mense wat God oor my pad stuur? Wie is my geloofsfamilie? Aan wie behoort die gemeente? Koffie drink vra ook dat ek nuwe vriendskappe sal sluit – dat ek ander mense sal nooi om saam “koffie” te drink.

Wanneer ek saam met iemand koffie drink, gebeur daar twee goed. Ons sit teenoor mekaar en kyk mekaar in die oë en terselfdertyd gesels ons. Só leer ons mekaar beter ken en begin vriendskapsbande bou.

Geloofsgewoonte: om elke week ten minste met (hoeveelheid mense) koffie te drink om jou vriendskap te laat groei. Koffie drink vra dat jy in jou koffievriend sal belangstel en hom / haar sal uitvra oor hoe dit gaan.

Iets om vandag te doen:

Nooi iemand vir koffie.

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

charlene van Dyk ·

Baie dankie vir die dagstukkie. Dit verryk my elke oggend. Die opname was ook baie lekker want dit maak dit persoonlik. Ek vetrou op die oomblik vir n deurbraak in my lewe en my oe en vetroue is net op God gerig. Baie groete

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.