ToekomsVenster: Een kerk in stukke

kruis-sonsondergang-wolke

Foto: Aaron Burden/Unsplash.com

“Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in My is en Ek in U, dat hulle ook in Ons mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.” – Johannes 17:21

Hierdie is een van die belangrikste tekste om van kennis te neem, veral met betrekking tot die plek waar ons onsself in Suid-Afrika bevind. Verdeeldheid onder Christene is nie alleen tragies nie, maar doen afbreek aan God se eer en bedoeling vir ons op aarde.

Gebed

Ai Here, ek kry skaam omdat ons so agterdogtig, kleinserig, selfsugtig en onbekwaam is. Ons maak dat die wêreld nie glo dat U die Seun van God is nie. Ons verdeel en is verdeeld. Omtrent oral. Verander ons harte.
Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

John ·

As die Hervorming nie destyds plaasgevind het nie, was ons vandag vasgevang in erge godsdienstige vergrype. ‘n Kerkie op elke hoek met ‘n leraar op sy boksie is ook nie die antwoord nie en die duiwel hou daarvan want so word daar weer onder die navolgers uit die hervorming gewoeker. Hoeveel dominees sal vandag afstap uit hul hogere gestoeltes en onder ander meerderes dien? Ons sal wel einde der dagen ons stywe kniee moet buig voor die Drie-eenheid, almal van ons. Die Kerk is nie noodwendig een gebou en een dominee nie, maar die Waarheid soos vervat in die Christelike geloof met grondslag, die Bybel. Diegene wat nie daarby hou nie, is nie lidmate van die Kerk nie.

SNEL ·

Ja, ek stem John, David Wilkinson het een keer gesê (seker nou nie sy presiese woorde nie, maar), Here gee my n kerk met mense wat U soek en honger is vir U en die Waarheid, nie n groot kerk met baie mense nie, maar n opregte kerk wat U dien. Dis so waar. Hoeveel mense wil nie net spog oor hoe groot hul gemeente is nie. Dan preek hulle ook nog wat die mense sus en wil hoor…as jy die Here dien is jou lewe geseënd en jou gesin en jou finansies en en en. Elke volgeling van Jesus het gesuffer, waar kom hul aan dit? Dan preek hulle; jou beste lewe nou. Die Here sê jou fokus moet op die ewigheid wees, ons burgerskap is nie van hier. Net preke om duisende mense te kry. So dankbaar om n kerk te hê wat nie bekommerd is oor nommers nie, maar oor geestelike groei saam met God en die Waarheid uit Sy Woord. Selfs mense wat in kerke sit en nie opreg is nie gee Christene n slegte naam en hou selfs ongelowiges uit die kerk uit. Ons moet net vir medegelowiges bid en dat ons getrou aan God se Woord sal bly staan en dat ons die geloof sal behou tot die einde toe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.