ToekomsVenster: Eietydse verhale van God se guns


wegspringblokke-atletiek

Foto: Thecoachingtoolscompany.com

Met ons eie ore het ons gehoor, o God, ons vaders het ons dit vertel, dat U in die ou dae, in die gryse verlede, ‘n groot daad gedoen het. – Lees Psalm 44:2

Die oorlewering (verhale) van die vaders (voorgeslagte) word hier in herinnering geroep.  Dit wat in die volksmond geleef het, die geskiedenis van God se opweg wees met sy volk.

Tydens feesvieringe tuis en in die gemeenskap is hierdie groot lyne van die geskiedenis oor en oor getrek en gevier.  Daaruit is hoop gebore, geloof versterk en vorentoe gekyk.

Dis soos wegspringblokke, dit aktiveer en motiveer.

Dit lanseer ‘n mens die toekoms in omdat jou geloofsverwagting geanker is in die onbetwisbare goedheid en guns van God.

Ouers behoort met hul kinders te gesels oor eietydse verhale (hul ervaring) van God se guns en goedheid.  Daar is baie verhale binne huishoudelike en nasionale konteks wat op geen ander manier as God se bonatuurlike sorg interpreteer kan word nie.

Hy is betroubaar in alle opsigte.

Kinders behoort ingelaat te word in die problematiek waarmee hul ouers worstel, hulle behoort so ver as moontlik te deel in die gebede, die versugtinge en verwagtinge van God.

Hulle behoort saam fees te vier oor verhoorde gebede sodat hulle eie geloofswandeling versterk en veranker kan word.

Praat met jou kinders as jy op pad is (Deuteronomium 6:7).

Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.