ToekomsVenster: Ek het dit op pa se selfoon gesien

Foto ter illustrasie. (Foto: Mirkosajkov/Pixabay)

“… maar elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is vir hom beter dat ’n meulsteen aan sy nek gehang word en hy wegsink in die diepte van die see.” – Mattheus 18:6 (AFR 53)

Daar was onlangs ʼn voorbladberig op Rapport met die opskrif: “Kinders so jonk as 5 jaar oud in porno se greep”.

Die artikel deel die ontstellende nuus dat ons kinders vanaf ʼn jong ouderdom aan pornografiese materiaal blootgestel word. Die eerste blootstelling is gewoonlik toevallig, maar prikkel die nuuskierigheid wat eie is aan kinders.

Uit ʼn studie van 2 000 leerlinge het 55% aangedui dat hulle wel na pornografie kyk en 10% het erken dat hulle dit gereeld doen.

Kinderpornografie, bestialiteit, geweld en seks, en ander vorme van pornografie word gewetenloos aan kinders opgedring.

Sommige kinders onttrek en ander speel die daad uit teenoor hul maatjies. ʼn Syfer wat ʼn mens ongemaklik maak, is dat 40% van seksuele misdrywe teenoor kinders deur ander kinders gepleeg word.

Ouers moet volgens kenners baie vroeg reeds met hul kinders praat oor liggaamlikheid en seksualiteit. Vandag se kinders kom byna as klein volwassenes in die wêreld.

Ouer mense, soos sommige wat hier lees het baie beskermd groot geword. Ons tydverdryf was met draadkarre en tuisgemaakte speelgoed.

Ons kinders weet nie meer hoe om te speel nie. Die selfoon is bykans vasgeplak aan hul lywe.

Ouers bly ouers en die verantwoordelike persone.

Ons moet weet waarna ons kinders kyk.

Ons moet kennis neem van die maats met wie hulle sosialiseer.

Ons moet huisreëls hê waaraan kinders hulself moet onderwerp.

Ouers moet toesien dat hul kinders, veral jong kinders, teen sononder by die huis is.

Tieners moet weet wanneer om tuis te wees en moet aandui wie toesighoudend optree by die partytjie waarna hy of sy uitgenooi is.

Kinders en alkohol is ver van sinoniem, alhoewel kinders se gebruik van sterk drank eweneens ontstellend is.

Ouers moet besluit of hulle hul kinders willens en wetens vir die wolwe gaan gooi.

Pa moet rekenskap gee van wat op sy selfoon akkommodeer word. Jong kinders behoort nie na hartelus op die internet rond te kuier nie. Sommige speletjies laat veel te wense oor.

Wie maak jou kind groot? Jy, liewe ouer of het jy daardie verantwoordelikheid aan die media, maats en perverse mense oorgedra?

Ons is verbondsouers, ons het belowe, ons gaan rekenskap gee.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nici ·

Hoeie artikel met belangrike waarskuwing. Die probleem is dat ouers nie 24/7kinders kan dophou nie. Die regering vaal in hul plig om seksuele geweld te reguleer en onwettig temaak. Enige mens kan verslaaf raak aan pornografie en self ‘n kind of vrou kan totaal verslaaf word. Kinders het nie die volwassenheid om hierdie drange wat te vroeg wakker gemaak is te beheer nie. Die seksuele geweld van kinders op kinders sal erger raak voor dit beter raak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.