ToekomsVenster: Ek is die weg en die waarheid


Arms_uitgestrek_bid_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.”

Johannes 14:6

Ons is bekend met hierdie frase: “die weg, die waarheid en die lewe”. Jesus inkorporeer al drie hierdie momente in sy Persoon. Wie in Hom glo, ontdek die weg (pad) na die ware lewe. Hy verteenwoordig die waarheid in ʼn wêreld wat deur die leuen en valsheid gekenmerk word. Baie mense soek die lewe (sin en betekenis) op verkeerde plekke. Wie Jesus leer ken en vertrou het, vind volle berusting en betekenis (vervulling) by Hom. Hy stel nooit teleur nie.

Niemand wat sy verwagting in U stel, sal beskaam word nie. Dié wat nie op U vertrou nie, hulle kom in die skande.

Psalm 25:3

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.