ToekomsVenster: Ek is meer as net ek


vrou_stiltetyd_gebed_genade.jpg

Foto: crosswalk.com

Romeine 12:1 En nou doen ek ’n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle beoefen. Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe.

Geen mens is net ’n skoon bladsy waarop niks geskryf is nie. Selfs as jy as baba gebore word kom jy al klaar met “bagasie” die wêreld in. Dit wat jou ma geëet of gedrink het gedurende die swangerskap het ’n invloed op jou vorming. Sy kon hard gewerk het, baie gestres het en dit maak dat daar al klaar iets op jou bladsy geskryf staan. Soos wat jy ouer word, skryf mense op jou bladsy. Natuurlik skryf jy ook self op jou bladsy. Ons sou al hierdie goed waaroor ek en jy nie beheer het nie en wat op ons bladsye geskryf is ook kan beskryf as ’n kleed wat ons onbewustelik aantrek.

Inkarnasie help ons ook om ’n nuwe kleed te kan aantrek. Dit is ’n Christuskleed.

Wanneer ek leef is ek nie ’n skoon bladsy nie – ek is ’n bladsy waarop geskryf is, maar waarop Christus in Sy liefde reg kom skryf het. Ek is meer as ek. Ek is nie net dit wat jy op die oog af sien nie – ek is meer as dit. Ek is ’n Christuskind – geskryf met Sy bloed.

Gebed:

Vader ek eer U vir mense in my lewe. Mense wat my hande sterk maak en my help om my plek in U kerk en U plan met my lewe te verstaan. Ek eer U vir mense wat op my bladsy skryf. Amen.

Leefwyse:

Sit net vandag en maak ’n opgaaf van wie en wat jy is, waarmee jy jou besighou. Skryf ook neer watter individue, groepe en wat nog alles ’n invloed op jou lewe het.

Iets om vandag oor na te dink:

Jy is betrokke by heelwat mense en groepe. Dink jy daar is iets soos ongeskrewe reëls in hierdie groepe? Is daar iets soos ongeskrewe reëls in jou gesin? Wat sou jy sê is die reëls en waarom is dit belangrik?

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Theuns ·

Dankie ABBA om deel te wees van ‘n gemeenskap van gelowiges in Suid Afrika! Ons prys u NAAM.

Stones ·

Daarom moet ons in gedagte hou wat ons op ander se lewens skryf en veral die mense wat die naaste aan ons is, want hulle moet kan sien wie is die hoof skrywer in ons lewens is. Dankie vir die mooi boodskap.

manie ·

Hierdie is regtig i leersamige Weg,dus i baie fantastiese blad,ek geniet dit baie….hou asb aan daarmee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.