ToekomsVenster: Ek is tog nie so nie

Foto: Juanita Badenhorst.

Lees: Galasiërs 6:3-4:

“3 As iemand hom verbeel hy is iets en hy is niks, bedrieg hy homself. 4 Laat elkeen sy eie doen en late ondersoek: as dit goed is, kan hy daarop trots wees sonder om dit met dié van ‘n ander te vergelyk.”

Gebed:

O Vader God, ek buig laag voor U troon. Ek bely dat ek trots en arrogant is en maak asof ek beter as ander mense is. Ek is jammer. Vergewe my as ek ander onderdruk en afgekraak het met my meerderwaardige houding en hoogmoedigheid. Terwyl ek voor U buig, vra ek dat U die nederigheid van u Seun, Jesus Christus, in my hart, my gedagtes en optrede sal inbou. Help my om ander mense werklik te dien. Ek bid vir my medebroers en -susters in die kerk, dat U ons sal help om onsself voor U te verootmoedig. Verwyder die hindernis van trots sodat ons mekaar kan vind en met mekaar versoen kan word. Help ons om by ware broederliefde uit te kom sodat ons versoening kan bedien aan die ander mense in ons land.

Leefwyse:

Arrogansie en trots stoot mense van jou af weg. Probeer om vandag te leef soos Galasiërs 6 van ons vra.

Om oor na te dink:

Die Here het vir ons wonderlike voorbeelde gegee van leiers en van doodgewone mense wat die les van Galasiërs 6 geleer het. Weet jy van sulke mense? As jy hulle persoonlik ken, sê vir hulle dankie!

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.