ToekomsVenster: Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees


ToekomsVenster-3-voorblad

Die ToekomsVenster stiltetyd-dagboek. Foto: Verskaf.

Lees Jeremia 31

God stuur verskeie profete na sy volk wat in ballingskap sit. God sê Hy sal hulle weer terugneem na Jerusalem, maar meer as dit: Hy sal ook ‘n nuwe verbond met hulle sluit. Dié keer sal Hy sy woord op hulle harte skryf en in hulle gedagtes vaslê, nie weer op twee kliptafels nie.

Hy sal hulle harte reinig en skoon water oor hulle uitgiet. Hy sal deur sy Gees nuwe lewe in hulle wek, en dan weer tussen hulle kom woon (Esegiël). Dit alles met een doel voor oë: Hy sal hulle God wees en hulle sal sy volk wees. Onthou dat dit die toppunt van seën vir enige mens is. Dit beteken God sal hulle met Homself en sy teenwoordigheid seën.

  • Wonder jy waar en hoe ‘n mens die stiltetyd-dagboek vir 2015 kan bekom? Jy bestel dit deur vir Drienie te skakel by 011 665 2017 of deur ʼn epos te stuur aan [email protected]. Loer ook gerus in by die webadres: toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.