ToekomsVenster: Ek soek na God


Oe

Argieffoto.

Ek soek U, o God, my God, ek dors na U; ek smag na U soos in ʼn dor en droë land, ʼn land sonder water. – Psalm 63:2

Jong mense. Ai, oor jong mense kan ek liries raak, veral oor ʼn jong mens wat erns maak met sy of haar geloof. Natuurlik kan dit herlei word na die voorbeeld wat ouers gestel het. Kinders behoort tot geloof te kom (en selfs dit is dramaties, veel eerder ʼn natuurlike oorgang) vanweë die voorbeeld wat ouers gestel het en nie ten spyte daarvan nie.

Maar watter ouer is daar wat kan roem in sy foutlose opvoeding? Helaas, ek ken nie sulke mense nie. Ek wens ek kon dit ten opsigte van myself sê, maar die genade tree oorvloedig toe namate die Gees van die Here ons help en bystaan.

In die week ontvang ek ʼn WhatsApp van ʼn jong man in ons gemeente: “Ds., ek en my meisie wil saam Bybelstudie doen, waar begin ons?”

“Ds., ek soek na God, ek dors na God, ek smag na Hom en weet dat ek die lewe en al sy uitdagings nie kan aanpak tensy die Here my daartoe in staat stel nie”.

Is dit ook van jou waar?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Mariaan ·

Die dagstukkie is so waar. Ek het in n huis groot geword waar ons net die kerk gesien het met n troue of begrafnis. So het ek ouer geword en getrou later kinders gehad en af en toe kerk toe gegaan en nooit Bybel gelees saam met hulle. Op 22 Junie 2013 het ek my hart vir Jesus gegee. Vandag is ek so spyt dat ek kosbare tyd so op gemors het en ook my kinders se kosbare tyd so verlore laat gaan het. Ek dank Jesus net dat HY my die tyd gegee het om nog reg te kan maak en so ook my kinders. Ek vra voorbidding vir my gesin dat ons elke dag nog nader aan Jesus sal kom en ons tyd wat so kosbaar is te gebruik vir Hom. Dankie vir tegnologie en al die bemoedigende boodskappies van Ds Pelse wat op die wyse my ook nader aan my Skepper kan bring. Geseende daggie vir elkeen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.