ToekomsVenster: Ek soek na meer

vliegtuig-vlerk-son-lug

Foto: @hclojacky/Unsplash.com

“Jabes het die God van Israel aangeroep met die woorde: ‘Stort u seën oor my uit, vergroot my grondgebied, neem my onder u beskerming en weerhou onheil van my sodat geen smart my tref nie.’ God het laat gebeur wat hy gevra het.” – 1 Kronieke 4:10

Die gebed van Jabes is baie bekend. Ek wonder of jy dit al gebid het. Dis nie die gebed van iemand wat in selftevredenheid en in ’n gemaksone leef nie. Dis die gebed van iemand wat ’n geheiligde onrustigheid beleef by die wete dat God “groter” dinge in gedagte het.

Nie dat ons enigiets verdien of probeer verdien nie. Dit gaan oor diensbaarheid, aangevuur deur dankbaarheid vir die onbeskryflike genade wat aan jou bewys is enersyds, maar ook die belang van hulle wat die Here nie ken nie andersyds.

Daar is geen einde aan wat die Here kan doen deur ’n lewe wat aan Hom toegewy is nie.

Waag dit om hierdie gebed in geloof te bid. Jy sal verbaas staan oor wat die Here met jou in gedagte het.

Gebed

Vader, dankie dat U besondere drome aangaande my droom.
U weet waarheen U met my op pad is.
Ek wil daarvan niks misloop nie.
Gee my ’n gees van verwagting en geloof.
Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.