ToekomsVenster: Ek wens ek weet wat om te doen

duin-sand-woestyn-wysheid-alleen

Foto: Kristian Egelund/Unsplash.com

“As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.” – Jakobus 1:5

Ek wens ek weet wat om te doen. Wie het nie al hierdie begeerte uitgespreek na aanleiding van die een of ander situasie wat hom voorgedoen het nie?

Wysheid is ’n gawe van die Heilige Gees. Dit is die vermoë om in ’n sekere situasie net te weet wat die aangewese weg is en dit kom deur tyd op jou knieë.

God is bo ons verhewe en Hy doen dinge nie altyd soos ons dit sou doen nie (Jesaja 55:8). Al die insig en wysheid behoort aan Hom en as ons Hom nader met ons versugtinge, is ons by die regte adres.

Waaroor wil jy vandag met die Here praat?

Gebed

Vader, ek is so dankbaar dat ek hierdie stuk kon lees vandag.
Ek wil hoor wat U oor my uitdagings sê en nie weer my eie kop volg
nie. Dis juis waarom ek in hierdie penarie sit.
Help my asseblief daarmee.
Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.