ToekomsVenster: Ek wil U ’n geheim vertel

ontspan

Foto: @alesme/Unsplash.com

“1 Vir die koorleier. Van Dawid. ’n Psalm. Here, U sien dwarsdeur my, U ken my. 2 Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit, U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom. 3 Of ek reis en of ek oorbly, U bepaal dit, U is met al my paaie goed bekend. 4 Daar is nog nie ’n woord op my tong nie of U, Here, weet wat dit gaan wees.” – Psalm 139

Skop jou skoene uit. Haal diep asem. Word bewus van Sy teenwoordigheid. Slaak ’n sug van verligting. Kom tot rus. Hy verstaan. Hy is by jou (Psalm 56:12).

Gebed

Vader, dit is merkwaardig dat U oral en teenwoordig is.
Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Cornelia ·

Amen. Hoe Waar is elke Woord van God tot die mens in wie Hy ‘n welbehae het. Hoe waar is elke woord tot God uit die gelowige se trane beker en sy vreugde beker rondom sy eie stryd teen ‘n verslae gees wat noop om hom selfgesentreerd i.p.v. CHRISTUS gesentreerd te hou. Dankie Here vir U getroue dienaars. Versterk hulle dag en nag om met blydskap te volhard in die saai van U Goeie Boodskap aan ‘n honger en dorstige mensdom. U belowe dat U Woord nooit leeg na U sal terugkeer nie! Bekering is Genade, o Here. Trek mense in skares na U toe. Laat U Liefdeswerk ons opnuut oprig en ons fokus op U rig om saam met U te werk om ‘n onmeetbare Oes in te bring na U Koninkryk. Amen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.