ToekomsVenster: Elisabet ontvang genade in haar ouderdom


baba-voetjies-02

Foto: Pixabay/Pexels.com

Lukas 1:18
Toe sê Sagaria vir die engel: “Waaraan sal ek dit weet? Ek is ʼn ou man, en my vrou is al op ver gevorderde leeftyd.”

Om in jou ouderdom ʼn kindjie van God te ontvang is nogal iets om aan gewoond te raak.

Dis ʼn voorreg om kinders te hê, maar, in die woorde van die Prediker, daar is ʼn tyd vir alles.

Daar kom ʼn tyd dat die droom om ʼn kindjie te hê, sou jy kinderloos wees, saam met jou graf toe gaan. Immers, die natuur het sy manier, dan nie?

As Elisabet vir ʼn oomblik gehuiwer het toe sy die nuus verneem dat sy ʼn baba gaan kry, sal ʼn mens haar dit nie kan verkwalik nie.

Sara het dieselfde gedoen toe sy in haar ouderdom swanger raak.

Genesis 18:15
Sara het geskrik en toe ʼn leuen vertel. “Ek het nie gelag nie,” het sy gesê. Maar die Here het gesê: “Nee, jy het gelag.”

Die Here gaan voort met sy onkonvensionele spel. Hy bevraagteken alle tradisies en ordes wat in omloop is. Hy is die God van die heelal wat soewerein in sy optrede is. Wonderbaarlik en wonderwerkend.

Elisabet weet dat hierdie kindjie van haar ongewoon is. Sagaria het seker aan haar verduidelik wat die engel gesê het. Daarbenewens dans die ongebore Johannes van opgewondenheid toe hy die teenwoordigheid van die Verlosser voel.

Lukas 1:41
Net toe Elisabet die groet van Maria hoor, het die kindjie in Elisabet se moederskoot beweeg, en sy is met die Heilige Gees vervul.

Het jy so gewoond geraak aan jou omstandighede dat wonderwerke nie meer kan gebeur nie?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.