ToekomsVenster: Elkeen moet ʼn geskenk bring


Foto: pixabay.com

Foto: pixabay.com

Deuteronomium 16:17

Elkeen moet ʼn geskenk bring in die mate waarin die Here jou God jou voorspoedig gemaak het.

Handelinge 2:38

Toe antwoord Petrus hulle: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang.”

Dit is so lekker om geskenke te gee en te ontvang. Dit is die wyse waarop ons waardering teenoor mekaar bewys. Dit is ook goeie maniere om ʼn geskenk saam te neem as jy op uitnodiging by mense aan huis kom. ʼn Mens kom immers nie leë hande by mense aan nie. Ons gee somtyds goedbedoelde dog waardelose geskenke. Dit word deel van ʼn versameling van oulike maar lastige rondstaan-items waarvoor daar nie plek is nie. Spreekwoordelik land daardie items op die gemeente se tombola-tafel waar dit as pryse uitgedeel word vir veral kinders wat aan speletjies deelneem.

Dis beter om betekenisvolle geskenke te gee wat kan bydrae tot die geestelike opvoeding en toerusting van medegelowiges. Gee een of meer van ToekomsVenster se reeks stiltetyddagboeke en verryk ander se lewens só. Selfs al land daardie boek op die tombola-tafel gaan die positiewe beïnvloeding voort. Besoek www.toekomsvenster.co.za of skakel Drienie by 011 6652017.

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.