So moet julle bid: Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. – Matteus 6:9-10
Ds. Jannie Pelser vra dat ons hierdie gebed in vandag se ToekomsVenster-oordenking saam met Andrew Murray moet bid:
“Mag geen oomblik in my lewe buite die lig, liefde en vreugde van God se teenwoordigheid geleef word nie. Mag daar geen oomblik wees sonder ’n totale oorgawe van myself as ’n voertuig aan Hom wat met sy Gees en sy liefde gevul word nie.”