ToekomsVenster: Frustrasie

Foto: Steve Johnson/Unsplash

Daar is nie een van ons wat nie weet van frustrasie nie. Frustrasie is wat gebeur wanneer jou planne in die wiele gery word. Ek het pas die ervaring dat ʼn afspraak geskuif word en dat dit my hele beplanning na die maan stuur. Dit verontrief my geweldig en maak dat ek nou “alles” moet skuif en herbeplan net om hierdie skuif te akkommodeer.

My planne en beplanning. My gerief en my dagboek. My frustrasie.

Ai, nogal opmerklik hoe dikwels die woordjie “my” voorkom. “My” lewe word op sy kop gekeer en ek is darem redelik belangrik! Lekker arrogant en selfgerig, nie waar nie?

Ek wonder of ons nie baie gesonder sal leef as ons vanuit ʼn “God weet beter, Hy het ʼn plan, Hy is ook hierin met my op pad” verwysingsraamwerk leef nie.

Ongerieflik? Ja. Die einde van die wêreld? Nee! Is dit die moeite werd om te mor, klae en baklei? Duisende keer nee. (Natuurlik praat ek nie van moedswillige en ongedissiplineerde optrede teenoor jou nie. Ons het nodig om mekaar hierin op te skerp.)

Vanoggend se oproep en die nuwe reëling wat nou gemaak moet word, is regtig ʼn uitdaging, ek stry nie daaroor nie.

Het God dalk ʼn plan daarmee? Bewaar Hy my van iets? Weet Hy beter? Kan ek Hom vertrou?

Nog meer, is die leë spasie in my dagboek waar daar ʼn afspraak was, onwelkom of het ek juis daardie spasie nou baie nodig. So, reël ʼn ander geleentheid. Ons sal wel daarby uitkom.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Frieda ·

Here maak my rustig asseblief met die wete dat U in beheer is.

Maria ·

yip, dit waar ….daaruit geleer…. so intersant kan nooit beplan nie asook werk nooit uit dan gee ek oor vir Here sodat U wil gebeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.